riviersonderend

Archive for Maart 7th, 2007

Messias nie meer nodig nie – no need to apply

with 18 comments

Die eerste aanname waarna ek verwys het in “Wat glo jy?“, meen dat ‘n mens spirituele ervarings kan losmaak van die bonatuurlike en godsdiens. Mense het ervarings wat as spiritueel of religieus beskryf kan word. Albert Einstein het ‘n opmerking gemaak oor ware godsdienstigheid:

The most beautiful and most profound experience is the sensation of the mystical. It is the sower of all true science. He to whom this emotion is a stranger, who can no longer wonder and stand rapt in awe, is as good as dead. To know that what is impenetrable to us really exists, manifesting itself as the highest wisdom and the most radiant beauty which our dull faculties can comprehend only in their primitive forms – this knowledge, this feeling is at the centre of true religiousness.

Einstein het egter nooit godsdiens of spiritualiteit, gekoppel aan die bonatuurlike, in gedagte gehad nie. Heel tereg ook.

Die mens se hoop op die bonatuurlike is problematies. Die geskiedenis spreek van die afwesigheid van die bonatuurlike. Daar is moderne teoloë wat hulself ook distansieer van die idee van ‘n bonatuurlike ingrype in die wêreld.

‘n Mens hoef nie ver terug te soek in die geskiedenis vir ‘n besonderse voorbeeld wat die idee van bonatuurlike ingrype verdag maak nie: die Tweede Wêreldoorlog. In die oorlog het ten minste 50 miljoen mense hul lewens verloor onder die mees bedenklike, onmenslike omstandighede. ‘n Teologie wat nie erns hiermee maak nie, verdien geen oorweging nie. ‘n Teologie wat erns daarmee maak, kan ten beste met ‘n vraagteken antwoord op die vraag na die bestaan van ‘n liefdevolle god wat hom met sy skepping bemoei.

Rabbi Irving Greenberg se teologie sien ten beste ‘n afwesige God wat hom van die geskiedenis onttrek het. Na die holocaust skryf hy:

…it is too late for an all powerful Messiah to come… Bringing the Messiah is dependent on human intelligence, passion, and courage to help overcome the obstacles to perfection… The Kingdom of God can only be created if we bring people together and spread knowledge.

Die bestaan van ‘n persoonlike god wat liefdevol na sy skepping omsien, is nie net hoogs onwaarskynlik nie, sy moontlike bestaan is ook irrelevant. Die geskiedenis bewys dit. Is hoop op hom nie teenproduktief vir menslike ontwikkeling nie?

Om God enigsens met bonatuurlike eienskappe te definieer, maak hom irrelevant. Dit verwyder ons van die werklikheid. Soos die Duitse teoloog Rudolf Otto oor godsdienste opgemerk het:

They are attempts… to guess the riddle it propounds, and their effect is at the same time always to weaken and deaden the experience itself.

Spiritualiteit het nie die bonatuurlike nodig nie. Dit kan die wonder van die heelal beter aanspreek daarsonder in die wete dat sekere vrae nie antwoorde het nie.

Written by George Maru

7 Maart 2007 at 21:16

Posted in spiritualiteit

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.