Archive for Maart 6th, 2007
Veels geluk Gabo!
Dit is vandag Gabriel Garcia Marquez se 80ste verjaardag. Baie geluk! Hy is die skrywer van One hundred years of solitude (Cien Años de Soledad), een van my gunstelingboeke. Ooit.
Hy word beskou as ‘n pionier van die magiese realisme skryfstyl, alhoewel hy self nie so na sy skryfwerk verwys nie.
In 1982 ontvang hy die Nobelprys vir letterkunde. Ek is seker ek is nie die enigste een wat meen dat hy een van die groot skrywers van die afgelope 100 jaar of so is nie.
