Archive for Maart 3rd, 2007
Argetipes: Die Monnik II
Ek het nie hierdie inskrywing beplan nie, maar nou ja, sometimes life happens while you are making other plans. In die eerste inskrywing oor die monnik argetipe, het ek na Simeon verwys wat 30 jaar op ‘n paal gesit het.
News24 berig dat ‘n Duitse man vir 10 dae op ‘n paal gesit oor ‘n groot ongelukkigheid. Hy het betoog teen sy 15 maande tronkstraf vir bedrog. Sy vrou, Susanne, het hom ondersteun, totdat sy besluit het 10 dae is darem baie lank.
Op die tiende dag het Susanne weer vir hom sy kosblik volgemaak met goodies. Toe manlief dit ontvang, het hy van die paal afgeklim. In die kosblik was ook ‘n foto van Susanne se ontblote tieties.
Ek wonder wat arme Simeon se reaksie sou wees as hy ‘n Susanne gehad het? Die hele episode (en die monnik se behoefte aan die een of ander pelgrimstog/reis) laat my dink aan iets wat John Horgan geskryf het:
I was looking for consolation in the stars, in visions, in mystcial gnosis, but the only consolation I found that night was human companionship.
Kan dit so eenvoudig wees?