riviersonderend

Archive for Maart 2nd, 2007

Die onverdraagsame verdraagsaamheid van Amerikaanse Anglikane

with 4 comments

In Julie 2004 het Ken Livingstone, burgermeester van Londen, ‘n limousine gestuur om die Egiptiese teoloog Yusuf al-Qaradawi by die lughawe op te tel. Dit het Livingstone nie lank geneem om ‘n verskoning oor die behandeling van Moslems aan te bied nie:

On behalf of the people of London, I want to apologise to the sheikh for the outbreak of xenophobia and hysteria in some sections of the tabloid press which demonstrated an underlying ignorance of Islam.

Livingstone het verder al-Qaradawi se lof besing deur hom ‘n leier van ‘n grootse geloof te noem. Hy is ‘n kampvegter in die stryd vir ‘n sosiaal-progressiewe interpretasie van Islam.

So wat behels al-Qaradawi se sosiaal-progressiewe Islam: die doodstraf vir mense wat hul Islamitiese geloof opgee; vroulike besnydenis; so af en toe kan ‘n man sy vrou slaan, as mooipraat nie help nie; selfmoordbomaanvalle in Israel is aanvaarbaar; en gays moet die doodstraf kry.

Progressief, aldus Livingstone.

Baie mense het toe gevra wanneer moet verdraagsaamheid nie verdra word nie.

Ek dink weer aan die vraag nadat dié berig in Time verskyn het. Die berig begin as volg:

Appearing on a live webcast, the Episcopal Church’s presiding bishop began the painful task Wednesday of persuading members to roll back their support for gays — at least for now — so the denomination can keep its place in the world Anglican fellowship.

Jefferts Schori vra vir toegewings en ‘n verdraagsame gesindheid teenoor mede-Anglikane, duisende kilometers van Amerika, wat nie die Amerikaanse kerk se standpunt oor homoseksualiteit steun nie. Die oproep kom nadat die Anglikaanse primate in Tanzanië ‘n ultimatum aan die Amerikaanse kerk gestel het.

Die druk kom van ‘n groep gelei deur Peter Akinola, leier van die Nigeriese kerk. Akinola het onlangs sy steun gegee aan ‘n nuwe anti-gay wet wat nou in Nigerië se parlement bespreek word. Menseregte organisasies beskou die wet as drakonies – selfs al spreek ‘n persoon hom net ten gunste van gayregte uit, kan hy in die tronk land. Dit is vet op die vuur in ‘n homofobiese land.

Behoort die Anglikaanse kerk dit te verdra? Die konserwatiewe, tradisionele stroom van kerk het blykbaar nie ‘n probleem met Akinola se siening nie. Die liberale, Amerikaanse kerk het wel, maar hulle wil nou eers besin of verdraagsaamheid nie belangriker behoort te wees.

Indien die Amerikaanse kerk besluit om wel toe te gee aan die versoeke van die ultimatum, hoe onderskei mens hulle van die Nigeriese kerk?

Written by George Maru

2 Maart 2007 at 10:44

Posted in godsdiens, nuus

Tagged with

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.