riviersonderend

Onverbonde lande se goor menseregte tradisie

leave a comment »

Daar is iets wat ek nie verstaan nie. Hoekom is onverbonde lande geneig om dikwels die skending van menseregte in ander ontwikkelende lande oor die hoof te sien? Dit lyk asof daar ‘n neiging is om medeleiers se onderdrukking van hulle eie bevolkings te relativeer. Tog staan onverbonde lande baie gou saam om Westerse moondhede te vermaan oor die onregverdighede wat hulle pleeg teen die ontwikkelende lande.

Ek weet ekonomiese bande speel ‘n rol. Daarom sal Sjina nooit die gebeure in Darfoer veroordeel nie. Maar daar is nie altyd sterk ekonomiese bande tussen lande nie. Neem die onlangse voorbeeld waar Birma bespreek is by die Verenigde Nasies. Suid-Afrika het saam met Sjina en Rusland gestem om nie Birma se menseregte rekord te veroordeel nie. Tog is die leier van Birma se demokratiese beweging, Aung San Suu Kyi, nou al 15 jaar onder huisarres. ASEAN is ook maar traag om sy stem dik te maak teen die militêre junta se magsug.

Daar is nog baie ander voorbeelde waar die Beweging van Onverbonde Lande nie die skending van menseregte veroordeel nie: Zimbabwe, Soedan, Indonesië en Sjina.

Is dit omdat baie van hierdie lande self nie sterk, gevestigde menseregte tradisies het nie? Of is daar dalk ‘n tipe verstandhouding tussen die lande se leiers om mekaar se magsposisies te beskerm, selfs ten koste van die bevolking?

Written by George Maru

1 Maart 2007 at 7:29

Posted in nuus

Tagged with

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.