riviersonderend

Archive for February 2007

Wat die lamppale sê

leave a comment »

lamppaal.jpg

Written by George Maru

25 February 2007 at 16:53

Posted in sommer net

‘n Mistieke ervaring

with 3 comments

John Horgan beskryf ‘n mistieke ervaring wat hy gehad het:

After what seemed eons of superluminal ecstacy, I decided that I wanted not pleasure but knowledge. I wanted to know why. I traveled backward through time, observing the births and lives and deaths of all the creatures who had ever lived, human and nonhuman. I ventured into the future, too, watching as the earth and then the entire cosmos was transformed into a vast grid of glowing circuitry, a computer dedicated to solving the riddle of its own existence. As my penetration of the past and future became indistinguishable, I became convinced that I was coming face to face with the ultimate origin and destiny of life, which were one and the same. I felt overwhelming, blissful certainty that there is one entity, one consciousness, playing all the parts of this pageant, and there is no end to this creative consciousness, only infinite transformations.

At the same time, my astonishment that anything exists at all became unbearably acute. Why? I kept asking. Why creation? Why something rather than nothing? Finally I found myself alone, a disembodied voice in the darkness, asking, Why? And I realized that there would be, could be, no answer, because only I existed; there was nothing, no one, to answer me. I felt overwhelmed by loneliness, and my ecstatic recognition of the improbability – no, impossibility – of my existence mutated into horror. I knew there was no reason for me to be. At any moment I might be swallowed up forever by this infinite darkness enveloping me. I might even bring about my own annihilation simply by imaging it. I created this world, and I could end it, forever. Recoiling from this confrontation with my own awful solitude and omnipotence, I felt myself dissolving, fracturing, fleeing back toward otherness, duality, multiplicity.

 

Written by George Maru

23 February 2007 at 8:28

Posted in spiritualiteit

Wat is die teenoorgestelde van geloof?

with 9 comments

Alleman stel die vraag hier en verwys spesifiek na Mhambi se blog wat wonder of die teenoorgestelde van geloof nie dalk sinisme is nie.

Ek wonder gewoonlik eers wat iemand met geloof bedoel, omdat mens dikwels uiteenlopende antwoorde op die vraag kry. Ek sou dit eenvoudig sien as die erkenning dat lewe inherent ‘n doel het, soos bepaal deur ‘n transendente krag wat sommige mense God noem. In geloof is dit moontlik om in die een of ander vorm van ‘n verhouding met God te tree.

Ek dink dat die idee dat ongelowiges sinies is, redelik algemeen voorkom. Dit is seker deels toe te skryf aan ongelowiges se skeptiese aard. Mens kry ‘n negatiewe skeptisisme en ‘n positiewe skeptisisme. Dit is veral die negatiewe skeptisisme wat maklik met sinisme verwar word. Tog vind jy sinisme nie net by ongelowiges nie. Inteendeel.

Ironies genoeg, sien ek ‘n mate van sinisme in geloof. Dikwels word mens gekonfronteer met gelowiges wat hierdie wêreld as boos, sleg en verlore ervaar. Hulle sien eerder met groot verwagting uit na ‘n eendag, wanneer hulle vry van hulle aardse lot sal wees. Die idee dat hierdie lewe bloot ‘n kleedrepetisie is vir die hoofvertoning relativeer die skoonheid en betekenis van hierdie lewe – ‘n baie siniese uitkyk op die lewe. Maar dit daar gelaat.

Ek weet nie of daar net een antwoord op die vraag is nie. Sou my definisie van geloof korrek wees, hang die vraag in wese saam met waarin sien jy die sin en betekenis van die lewe. Kan jy dit buite geloof vind? My antwoord is ‘n eenvoudige “ja”. Maar dit beteken ook dat die antwoord subjektief is.

Persoonlik vind ek dat spiritualiteit baie ryk en singewend kan wees. Maar dan ‘n spiritualiteit gegrond in die aardse, losgemaak van enige godsdiens. Ek sou spiritualiteit dan sien as ‘n reis op soek na waarheid en kennis, sonder die luuksheid van netjies verpakte antwoorde. Of dalk nie. John Horgan, ‘n wetenskapsjoernalis, skryf in sy boek Rational Mysticism:

Gradually, I came to the conclusion that science can take us only so far in our quest for understanding. Science will not reveal “the mind of God,” as the British physicist (and atheist) Stephen Hawking once promised. Science will never give us The Answer, a theory powerful enough to dispel all mystery from the universe forever.

Dalk is hierdie spiritualiteit waarvan ek praat, se doel om jouself uiteindelik te versoen met die wete dat jy onkundig gaan sterf. Hoe dit ookal sy, geloof is onnodige bagasie vir die reis.

Written by George Maru

22 February 2007 at 8:02

Posted in spiritualiteit

Anthem

with 4 comments

Written by George Maru

21 February 2007 at 16:56

Posted in musiek

Tagged with

Oor die wet, wonderwerke en verkeerde antwoorde

with 2 comments

Eendag het rabbi’s argumenteer oor die wet. Rabbi Eliezer probeer hard om sy kollegas te oortuig dat sy interpretasie reg is. Ten spyte van sy reputasie as wetsgeleerde sonder gelyke, oortuig hy niemand nie. Hy dog toe as logika nie werk nie, dan sal hy maar wonderwerke doen. Soos jy nou maar doen as mense nie vir jou wil luister nie. Hy ontwortel ‘n boom. Daarna laat hy die huis se mure gevaarlik skeef trek.

Sy kollegas wil nie byt nie. Rabbi Joshua weet dat sy vriend ‘n direkte lyn na God het. Daarom besluit Rabbi Joshua om sommer vir God direk te vra: “As wetsgeleerdes oor die halaka stry, hoekom sal u betrokke raak?” Niks gebeur nie. Kollegas stry steeds. Rabbi Eliezer strip toe sy moer en roep uit: “As ek reg is, gee vir ons ‘n teken.” Onmiddellik hoor hulle ‘n stem uit die hemel vra: “Waarom betwyfel julle Rabbie Eliezer? Hy is reg.”

Dit is toe dat Rabbi Joshua terugbulder: “Die wet is vir die aarde bedoel, nie die hemel nie!”

Written by George Maru

21 February 2007 at 8:52

Posted in spiritualiteit

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.