Kersfees
Hierdie Kersfees is anders. Op Kersdag luister ek na Mercedes Sosa se uitvoering van die Misa Criolla en Navidad Nuestra. Die Navidad Nuestra eindig met La Huida wat handel oor die vlug na Egipte as gevolg van die kindermoord.
Dit was 2,000 jaar gelede.
Vandag het ons Darfoer. Hoeveel kinders moes nie al vlug of het omgekom in die konflik nie? Na Rwanda se volksmoord, het die wêreld belowe dat so iets nooit weer moet gebeur nie. Die wêreldleiers se woorde bied geen troos aan Darfoer se mense nie.
‘n Dag voor Kersfees verklaar Ethiopië oorlog teen die Islamitiese rebelle van Somalië. Vanaf 1991 heers daar chaos in Somalië. Mense vlug met hul kinders so ver as Suid-Afrika, waar hulle gereeld die slagoffers van geweld is.
Die lys gaan aan en aan: Zimbabwe, Tjaad, Palestina, Irak, Afghanistan…
Hierdie tyd van die jaar is daar nie ‘n tekort aan leiers wat vra vir vrede nie. Woorde het vir my nog nooit so min beteken soos nou nie.
Hierdie Kersfees som Mercedes Sosa se versugting in La Huida my gevoel die beste op.
As al die mense op die aarde, die gesindheid van Jesus Christus openbaar, sal daar nie al hierdie lelike dinge wees nie en die wêreld sou ‘n baie beter plek wees.
Hans Matthysen
23 Mei 2007 at 17:56
[...] ja, dit is feestyd en dit is ook verjaarsdagtyd. 26 Desember sal riviersonderend presies een jaar oud wees. Ja, die blog het op Welwillendheidsdag (in Engels [...]
Arrivederci mede-bloggerati! « riviersonderend
18 December 2007 at 20:17
[...] Op 26 Desember sal hierdie blog 2 jaar oud wees. Baie water het al in die see geloop sedert hierdie inskrywing. Daar kan baie geskryf word oor die verskillende rigtings wat die blog ingeslaan het die [...]
Koersverandering « riviersonderend
5 December 2008 at 7:32